Skip to main content

Charter for Compassion in Translation

Afrikaans Translation

Handves vir Barmhartigheid

Die beginsel van barmhartigheid is die kern van alle godsdienstige, etiese en geestelike tradisies, wat ons altyd rig om andere so to behandel soos onsself graag behandel wil word. Barmhartigheid spoor ons aan om onvermoeid to werk tot die verligting van die lyding van ons medemense, om onsself van die middelpunt van ons wereld to onttroon en met iemand anders te vervang en om ongeskonde heiligheid van elke mens to vereer deur teenoor elkeen met geen uitsonderling en met volle regverdigheid, billikheid en respek op te tree.

Dit is noodsaaklik om in publieke en private lewe deurgaans volstrek geen pyn te veroorsaak nie. Deur met gewelddadigheid te praat of op te tree uit wrok, meerderwaardigheid en eie belang, om to verarm of basiese regte te misgun van enige iemand of om haat aan to blaas deur ander selfs ons vyande te verkleineer, is ’n ontkenning van ons gemeenskaplike mensheid. Ons erken dat ons gefaal het om barmhartig te leef en sommige het die menslike lyding vererger in die naam van godsdiens.

Ons beroep ons tot alle mans en vrouens ~ om barmartigheid terug to plaas as die middelpunt van sedelikheid en godsdiens ~ om die eertydse beginsel dat enige verklaring van die skrif wat geweld, haat en veragting aanspoor, as oneg to beskou ~ om te verseker dat die jeug akkurate en respekvolle inligting oor ander tradisies, godsdienste en kulture ontvang ~ om die positiewe waardering vir kulture te ontvang en godsdiens verskeidenheid te verseker ~ om ingeligte empatie te ontwikkel vir die lyding van mense wat selfs as vyande beskou word.

Dit is dringend dat barmhartigheid as ‘n duidelike, helder en dinamiese krag in die verdeelde wereld gestel moet word. Geskoei op die beginselvaste deursettings vermoe om selfsugtigheid te oorkom, kan barmhartigheid die politiese, dogmatiese, ideologiese en godsdienstige grense ook afbreek. Uit ons diepe interafhanklikheid is barmhartigheid noodsaaklik vir menslike verhoudings en vir ’n vervulde mensheid. Dit is pad na verligtheid onontbeerlik tot die skepping van ’n regverdige ekonomie en vreedsame wereldgemeenskap.

 


 

←  Go back                                                  Next page

MENU CLOSE